Huis van Oldenburg

Huis van Oldenburg

Lande Denemarke, Ysland, Griekeland, Noorweë, Rusland, Swede, Sleeswyk, Holstein en Oldenburg
Oorsprong Noord-Duitsland
Stigter Christiaan I van Denemarke
Gestig 1448
Huidige hoof Christian Herzog van Oldenburg

Die Huis van Oldenburg is ’n Europese dinastie van Noord-Duitse oorsprong. Dit is een van Europa se invloedrykste koningshuise, met takke wat regeer of regeer het oor Denemarke, Ysland, Griekeland, Noorweë, Rusland, Swede, Sleeswyk, Holstein en Oldenburg. Die huidige koningin van Denemarke en koning van Noorweë, die voormalige koning van Griekeland, die gemale van Griekeland en Brittanje, sowel as die eerste 12 aanspraakmakers op die Britse troon is almal patrilineêre lede van die Glücksburg-tak van dié huis.

Die dinastie het beroemd geword toe graaf Christiaan I van Oldenburg in 1448 tot koning van Denemarke verkies is, in 1450 van Noorweë en in 1457 van Swede. Die huis regeer sedertdien oor Denemarke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search